Romeine 12:6-8

Romeine 12:6-8 ABA

God het genadegawes vir ons gegee, maar God het nie dieselfde genadegawes vir ons almal gegee nie. As party van ons die boodskappe van God vir die ander gelowiges kan bring, dan moet ons die regte boodskappe vir hulle bring. As party van ons die ander gelowiges kan dien, dan moet ons hulle dien. As party van ons vir die ander gelowiges kan leer, dan moet ons vir hulle leer. As party van ons vir die ander gelowiges kan help om reg te lewe, dan moet ons vir hulle help. As party van ons vir die ander gelowiges van ons eie goed en geld kan gee, dan moet ons baie gee. As party van ons leiers kan wees, dan moet ons hard werk om goeie leiers te wees. As party van ons goed kan wees vir mense wat swaarkry, dan moet dit vir ons lekker wees om dit te doen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid