Markus 9:2-8

Markus 9:2-8 ABA

Ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem tot op 'n hoë berg. Daar was nie ander mense by hulle nie. Daar by hulle het Jesus toe skielik begin anders lyk. Sy klere het blink en baie wit geword. Niemand op die aarde kon dit witter maak nie. Elia en Moses het aan hulle verskyn en hulle het met Jesus gestaan en praat. Petrus sê toe vir Jesus: “Meneer, dit is goed dat ons hier is. Ons moet drie tente maak, een tent vir U, een tent vir Moses en een tent vir Elia.” Petrus het nie geweet wat hy moet sê nie, want hy en die ander twee dissipels was baie bang. Daar het toe 'n wolk oor hulle gekom. Hulle het gehoor God praat uit die wolk. God het gesê: “ Dit is my Seun, Ek is lief vir Hom. Julle moet doen wat Hy sê.” Die drie dissipels het dadelik rondgekyk, maar hulle het net vir Jesus gesien, niemand anders nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid