Markus 7:21-23

Markus 7:21-23 ABA

want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit sy hart. Dit is die slegte dinge wat 'n mens dink wat hom laat sonde doen: soos om seks te hê met iemand met wie hy nie mag nie, of te steel, of 'n mens te vermoor, of egbreuk te pleeg, of ander mense se goed te wil hê, of slegte dinge te doen, of skelm te wees, of te doen net wat hy wil, of jaloers te wees, of sleg te praat van ander mense, of hoogmoedig te wees, of nie te dink wat hy doen nie. Al hierdie slegte dinge kom van binne. Dit maak 'n mens onrein.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid