Markus 12:29-31

Markus 12:29-31 ABA

Jesus het geantwoord: “Die belangrikste wet is: ‘ Julle moet luister, mense van Israel, die Here ons God is die enigste Here, en jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede belangrike wet is: ‘ Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’ Daar is nie 'n ander wet wat belangriker is nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid