Markus 11:15-19

Markus 11:15-19 ABA

Jesus en sy dissipels het na Jerusalem gegaan. Hy het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop en te koop. Jesus het hulle uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het. Hy het gesê niemand mag iets dra oor die tempel-gronde nie. Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf: “God het gesê: Die mense sal sê my tempel is 'n plek waar al die volke mag bid. Maar julle het dit verander, dit is nou 'n plek waar diewe bymekaarkom.” Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het gehoor wat gebeur het. Hulle wou 'n plan maak om Jesus dood te maak. Maar hulle was bang vir Hom, want die mense het baie gehou van wat Jesus vir hulle geleer het. Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels weer uit die stad gegaan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid