Matteus 10:34-39

Matteus 10:34-39 ABA

“Julle moenie dink daar sal vrede wees op die aarde omdat Ek gekom het nie. Ek het gekom, maar daar sal nie vrede wees tussen mense nie, hulle sal mekaar se vyande wees. Ek het gekom, en nou sal 'n man teen sy pa wees, 'n dogter teen haar ma, en 'n skoondogter teen haar skoonma. Ja, julle eie familie in julle huise sal julle vyande wees. As iemand meer lief is vir sy pa of sy ma as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand vir sy seun of sy dogter meer lief is as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand My wil volg, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan 'n kruis hang en sterf. Dan kan hy my dissipel wees. As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid