Genesis 6:1-7

Genesis 6:1-7 ABA

Die mense op die aarde het baie geword. Hulle het ook dogters gehad, en die engele het na die dogters gekyk, want hulle was mooi. Hulle het party dogters gekies en met hulle getrou. Toe sê die Here: “Ek sal nie meer die mense so lank laat lewe nie. Hulle is mense en hulle sal sterf. Die mense sal van nou af nie ouer as 120 jaar word nie.” In daardie tyd en ook daarna was daar reuse op die aarde. Die reuse was die kinders van die engele wat met die mense se dogters getrou het. Die reuse was die sterk manne van daardie tyd, almal het geweet van hulle. Die Here het gesien die mense doen baie verkeerd en hulle dink altyd net slegte dinge. Die Here was hartseer. Hy was jammer dat Hy die mense gemaak het en dat Hy hulle op die aarde laat woon het. Die Here sê toe: “Ek sal die mense wat Ek gemaak het, doodmaak en wegvee van die aarde af. Ek sal al die mense, die diere en die voëls doodmaak. Ek is jammer dat Ek hulle gemaak het.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid