Galasiërs 4:3-11

Galasiërs 4:3-11 ABA

Dit was dieselfde met ons. Ons was ook eers soos mense wat baie jonk is, ons was slawe van die afgode of slawe van die Wette van Moses. Maar toe God besluit het dit is die regte tyd, het Hy sy Seun gestuur. Sy Seun was 'n mens, soos ons, en Hy moes doen wat die wette sê. Ons was slawe van die wette, maar God het sy Seun gestuur om ons vry te maak. So het God ons aangeneem, en ons het sy kinders geword. Omdat ons God se kinders is, het God sy Seun se Gees, die Heilige Gees, in ons harte gestuur, en die Gees sê in ons harte dat God ons Vader is. Daarom is ons nie meer slawe van die wette nie, ons is nou kinders van God. En omdat ons kinders van God is, sal God ook vir ons gee wat Hy vir ons belowe het. Voorheen, toe julle nog nie vir God geken het nie, het julle ander gode gedien wat nie regtig gode is nie. Maar nou ken julle vir God, of, dit is beter om te sê dat God nou vir julle ken. Daarom moet julle nie nou weer teruggaan en slawe word van die Wette van Moses nie, wette wat niks beteken nie. Julle probeer om al die feeste te vier wat die Jode vier, elke dag en maand en tyd wat die Jode vier. Dit is verkeerd. Daarom is ek bekommerd dat al my harde werk niks gehelp het vir julle nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid