2 Korintiërs 12:7-10

2 Korintiërs 12:7-10 ABA

Want hulle weet van die belangrike dinge in die hemel wat God vir my gewys het. Maar God het iets in my lewe gegee, dit pla my baie. Hy het dit gegee sodat ek nie baie van myself moet dink nie. Hierdie ding is soos 'n engel van Satan. Die engel slaan my met sy vuis sodat ek nie baie van myself moet dink nie. Ek het baie maal vir die Here gevra dat Hy hierdie ding moet wegneem. Maar Hy het vir my gesê: “Ek is genadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.” Daarom sal ek graag spog dat ek swak is, want dan is die krag van Christus in my. Daarom is ek tevrede wanneer ek swak is, wanneer mense my beledig, wanneer ek swaarkry, wanneer mense slegte dinge doen aan my, en wanneer ek probleme het. Want ek weet dat alles gebeur omdat ek aan Christus behoort. Ja, ek is tevrede, want wanneer ek swak is, dan is ek sterk.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid