MARKUS 11:15-19

MARKUS 11:15-19 NLV

Hulle kom toe in Jerusalem. Jesus het die tempelterrein binnegegaan en die handelaars en hulle kliënte begin uitjaag. Hy het die tafels van die geldwisselaars en die stalletjies van die duiweverkopers omgegooi en gekeer dat iemand ’n voorwerp oor die tempelarea ronddra. Hy onderrig hulle toe: “Staan daar nie in die Skrif geskryf nie ‘My tempel sal ’n huis van gebed wees vir al die nasies’? “Maar julle het daarvan ’n rowersnes gemaak!” Die priesterhoofde en skrifkenners het hiervan gehoor en allerhande planne begin oorweeg om Jesus uit die weg te ruim. Hulle was immers bang vir Hom en moes daarmee rekening hou dat die massa gaande was oor sy lering. Teen die aand het Jesus en sy dissipels die stad verlaat.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid