MATTEUS 10:34-39

MATTEUS 10:34-39 NLV

“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd. Ek het gekom om skeiding te bring tussen ’n man en sy pa en ’n dogter en haar ma, tussen ’n skoondogter en haar skoonma. Selfs ’n mens se eie familie sal jou vyande wees. “As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid