LUKAS 4:31-36

LUKAS 4:31-36 NLV

Jesus is toe na Kapernaum, ’n dorp in Galilea, en het die mense elke Sabbatdag daar in die sinagoge geleer. Die mense daar was ook verbaas oor die dinge wat Hy gesê het, want Hy het met gesag gepraat. Op ’n dag toe Hy in die sinagoge was, het ’n man in wie daar die gees van ’n onrein demoon was, begin skree: “Gaan weg! Waarom pla jy ons, Jesus van Nasaret? Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet wie jy is: Die Heilige wat deur God gestuur is!” Jesus het hom kortgevat. “Bly stil!” het Hy vir die bose gees gesê. “Kom uit die man uit!” Die bose gees het die man daar voor almal op die vloer gegooi; toe het die bose gees uit hom gegaan sonder om hom verder seer te maak. Die mense het verbaas uitgeroep: “Watter gesag en mag het hierdie man se woorde nie! Selfs bose geeste gehoorsaam hom en vlug op sy bevel!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 4:31-36

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid