AMOS 9:13-15

AMOS 9:13-15 NLV

Verder sê Hy: “’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groei as wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange, dit sal teen die skuinstes afvloei. Ek sal my volk Israel uit ballingskap laat terugkom. Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon. Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink. Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.” Die HERE hulle God sê: “Ek sal hulle in hulle land hervestig. Ek sal nooit weer toelaat dat iemand hulle wegneem uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid