1
GALASIËRS 6:9
Afrikaans 1983
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Vergelyk
Verken GALASIËRS 6:9
2
GALASIËRS 6:10
Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
Verken GALASIËRS 6:10
3
GALASIËRS 6:2
Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
Verken GALASIËRS 6:2
4
GALASIËRS 6:7
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.
Verken GALASIËRS 6:7
5
GALASIËRS 6:8
Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.
Verken GALASIËRS 6:8
6
GALASIËRS 6:1
Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.
Verken GALASIËRS 6:1
7
GALASIËRS 6:3-5
As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
Verken GALASIËRS 6:3-5
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's