1
Openbaring 22:13
Bybel vir almal
Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
Vergelyk
Verken Openbaring 22:13
2
Openbaring 22:12
Toe sê Christus weer: “Ek sal gou kom! Ek weet wat elke mens gedoen het en Ek sal elke mens beloon.
Verken Openbaring 22:12
3
Openbaring 22:17
Ja, die Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!” Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!” As iemand geestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is.
Verken Openbaring 22:17
4
Openbaring 22:14
“Die mense wat reg lewe, is gelukkige mense! Hulle is soos mense wat skoon klere aangetrek het. Hulle mag eet van die vrugte van die bome van die lewe! En hulle mag deur die poorte ingaan na God se stad!
Verken Openbaring 22:14
5
Openbaring 22:7
Christus het gesê: “Ek sal gou kom! In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. As iemand dit lees en dit glo, dan is hy gelukkig!”
Verken Openbaring 22:7
6
Openbaring 22:5
Daar sal nie meer nag wees nie. Daar sal nie meer lig van 'n lamp of die son wees nie. Dit sal nie nodig wees nie, want die Here God sal 'n lig wees vir hulle. En hulle sal altyd en altyd regeer.
Verken Openbaring 22:5
7
Openbaring 22:20-21
Dit is die Here Jesus wat al hierdie dinge sê. Hy sê ook: “Ja, Ek sal gou kom!” Amen! U moet kom, Here Jesus! Ek bid dat die Here Jesus genadig sal wees vir julle almal!
Verken Openbaring 22:20-21
8
Openbaring 22:18-19
Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is! En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in die gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van die boom van die lewe en van die gewyde stad.”
Verken Openbaring 22:18-19
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's