Leesplan inligting

Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 4 VAN 7

GEMAK MOET VAL 

Dit mag vreemd klink om aan gemak te dink as 'n reus — as iets wat ons beledig en ons lewens seermaak. Ons almal begeer om 'n veilige omgewing vir ons familie te voorsien. Ons hou daarvan om aan die einde van 'n dag terug te leun, ons skoene uit te skop, en 'n lekker reeks op TV te kyk.  Ons hou van dinge georden in ons lewe, nie chaoties nie. Niks van hierdie dinge is op sigself dodelik nie. Die probleem ontstaan egter wanneer die begeerte vir veiligheid en sekuriteit die oorheersende tema van ons lewe word.

In die verhaal van Dawid en Goliat sien ons hoe hierdie begeerte die nasie van Israel belemmer het.  Die Israeliete het elke dag hul gevegskreet uitgeroep.  Hulle het aangetrek en na die gevegsfront beweeg. Hulle het God aan hulle kant gehad.  Maar vir veertig dae is hulle verhinder om vorentoe te beweeg weens die verleiding van gemak.  Goliat het elke dag uitgekom, en die Israeliete het elke dag gesê, “Nie vandag nie.  Te gevaarlik.  Kom ons bly in die tente waar dit veilig is.” 

Die prentjie wat ons in hierdie verhaal miskyk, is dat Dawid op die toneel gekom het en in een dag gedoen het wat die weermag van Israel nie in staat was om in 'n maand en 'n half te doen nie.  Elke dag het hulle gewankel.  Elke dag het hulle gemak hulle teruggehou.  Elke dag het die reus bly kom en kom en kom.  Toe verskyn Dawid en sê, “Dit is malligheid.  Dit gaan vandag end kry.”

God wil hê jy moet dus verby gemak kyk en erken dat daar iets van ewige betekenis vir jou is om voor te kompeteer.  Hy roep jou tot 'n groter doel as wat blote gemak kan voorsien. Hy wil vir jou ware invloed gee.  Hy wil jou op paaie van geregtigheid lei ter wille van die eer van sy Naam.  Hy wil jou laat uitstap in gehoorsaamheid aan Sy wil. Hy nooi jou vandag uit om gereed te maak, saam te trek, Sy gevegskreet uit te roep en teenoor die vyand stelling in te neem. 

Om oorwinning oor die vyand van gemak te behaal beteken om hierdie oproep te beantwoord. Dit beteken 'n weiering om te wag vir “al die legkaartstukke om in plek te val” voor jy 'n skuif maak. Dit behels 'n gewilligheid om in 'n rigting te beweeg wat aanvanklik nie bekend voel nie. Dit beteken dat jy verstaan dat wat die meeste vir God saak maak is om in Sy krag te beweeg, eerder as jou eie.  Sodra jy dit verstaan, is jy gereed vir die geveg.  Jy is dan gereed om in die posisie geplaas te word waar jy 'n getuie van God se verlossing kan wees.

Onthou dat geloof in ongemak floreer. In dieselfde asem as wat die kruis vryheid vir jou gebring het, het dit pyn vir Jesus gebring. Dit is dikwels maklik om net terug te sit en die voorbeeld van iemand anders se lewe te volg – iemand anders wat “geroep” is om te gaan en die risiko te neem.  Maar die realiteit is dat God nie een van ons geroep het om die gevare van 'n verlore en sterwende wêreld te vermy nie.  Inteendeel, Hy het ons geroep om die wêreld in te gaan met die swaard van die Gees in ons hande.  Hy wil hê ons moet sê, “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.”

Jou lewe op hierdie aarde is kort . . . maar God is groot.  Fokus dus op dinge van ewigheidswaarde terwyl jy hier is.  Jy leef op 'n planeet met biljoene mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie.  As 'n navolger van Christus, het jy die hoop.  Jy het die waarheid. Jy het die lewe.  Jy het Jesus.  Dit is wat saak maak: om te help dat mense vir Jesus leer ken. Tree dus toe tot die geveg in die Naam van Jesus!

Reageer 

Op 'n skaal van 0 tot 5, hoe belangrik is gemak vir jou?  Hoekom was dit jou antwoord gewees?  Watter rol speel jou begeerte vir gemak elke dag in jou lewe?

Kan jy enige areas sien waar jou begeerte vir gemak jou beperk in terme van wat jy vir God kan doen?  Indien wel, wat is daardie areas?

Hoe kan jy uit jou gemaksone tree om God te dien?  Hoe voel jy hieroor?  Hoe kan jy Jesus met jou lewe verkondig?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry di...

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid