Leesplan inligting

Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 2 VAN 7

VREES MOET VAL 

Wanneer jy die verhaal van Dawid en Goliat in die Bybel lees, is een van die eerste dinge wat mens opval dat die Israelitiese weermag “geskrik” het en “baie bang” was vir die reus (1 Sam. 17:11). Goliat het elke dag afgeskop met beledigings en elke dag geëndig met beledigings. Soos wat die tyd verbygegaan het, het al daardie ontmoediging en verkleinering 'n effek op die Israeliete gehad. Hulle het begin glo dat ten spyte van hul beste pogings, iets ongewens met hulle gaan gebeur…hul nederlaag.

Dit is basies die definisie van vrees – die oortuiging dat daar iets “daarbuite” is wat jou gaan kry en dat jy niks kan doen om dit te stop nie. Hierdie vrees kan op verskeie maniere openbaar word – angstigheid, senuweeagtigheid, bekommernis, stres, vrees, hooploosheid, paniek, om 'n paar te noem – en kan in jou lewe opduik vanuit 'n verskeidenheid van bronne. Miskien ervaar jy vrees as gevolg van die omgewing waarin jy grootgeword het. Miskien het jou gesin die lewe beskou as een groot bedreiging wat nooit gaan verdwyn nie. Op enige stadium, kan enige iets verkeerd loop…en dit gaan heel waarskynlik gebeur.

Of miskien ervaar jy vrees as gevolg van jou pogings om foute en onvolmaakthede in jou lewe te verberg. Jy is skaam oor iets wat jy in die verlede gedoen het, en jy vrees dat dit eendag openbaar gemaak sal word. Of miskien ervaar jy vrees as gevolg daarvan dat jy probeer om te veel dinge in jou lewe te beheer. Jy’t besef dat die meeste dinge in die lewe buite jou beheer is, en dit ontketen vrees by jou oor wat moontlik in die toekoms kan gebeur.

Die reus van vrees kan 'n vastrapplek kry in jou lewe en begin om jou te domineer. Dit kan jou ontmoedig en uiteindelik God se glorie in jou lewe verminder. Dit kan aan jou lewe kou, jou gevoel van selfvertroue ondermyn, jou beroof van slaap, jou verblind, en selfs jou lof aan God steel. Vrees is 'n meedoënlose reus.  En een wat deur die krag van Jesus moet val.

Die oplossing om die reus van vrees in die gesig te staar is nie vasberadenheid nie, maar geloof in Jesus. Dit is nie so seer om te sê, “Vrees, gaan weg” nie, as om te bely “Ek het vertroue dat Jesus groter is as hierdie reus en hom alreeds oorwin het.” In Romeine 10:17 sê Paulus, “Die geloof kom dus deur die prediking wat ons hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus”. Wanneer jy God in en deur sy Woord sien en hoor, laat die Woord jou sien en hoor dat Hy groter is as jou reus. Dit bou jou geloof op, en jou geloof word op sy beurt die klip wat die reus, wat reeds oorwin is, se mond snoer.

Dus, identifiseer vandag die oorsprong van jou vrees en plaas dit in die hande van Jesus. Herinner jouself dat by God enigiets moontlik is (sien Matteus 19:26) en dat Hy in staat is om hierdie reus van jou te oorkom. Onthou dat Jesus belowe het om altyd met jou te wees (Hebreërs 13:5). Noem die dinge wat jou snags wakker hou, en laai dan daardie sorge af by die Een wat belowe het om vir jou te sorg (1 Petrus 5:7). Vul dan jou mond met lof omdat jy God se mag sien, sy liefde vir jou herken en weet dat Hy altyd by jou sal wees. Sy genade sal jou nooit in die steek laat nie (Klaagliedere 3:22).

Terwyl jy dit doen, selfs al verdwyn die oorsaak van jou vrees nie, sal jy jou vrees aktief verwys na die regte plek toe: die hande van Christus.

Reageer

Die teenoorgestelde van vrees is nie moed nie, maar geloof. Wat behels geloof in Jesus wanneer jy te staan kom teen die reus van vrees? Wat het jy nodig om te glo? Wat het jy nodig om te doen?

Wat help jou om oortuig te word dat God groter is as jou vrese en reeds oorkom het wat jy ookal vrees?

Watter rol speel lofprysing en aanbidding in die hantering van vrees? Hoekom is dit so belangrik?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry di...

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid