Leesplan inligting

Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitnemingVoorbeeld

What Is Baptism? A 3-Day Plan To Prepare Or Decide

DAG 3 VAN 3

Was jy al ooit by 'n troue waar daar trane van blydskap, dansery, voortreflike kos en koek was? 'n Troue is die viering van 'n verbintenis tussen twee mense wat besluit het om die res van hulle lewens saam deur te bring. Dit is nie die troue wat die gelukkige paartjie laat verlief raak het nie — die troue vind plaas as gevolg van hulle liefde vir mekaar.



Die doop is baie dieselfde — 'n viering. Noudat jy besluit het om Jesus met jou hele lewe te volg, is dit tyd om fees te vier! 



Wat moet jy dus verwag?



Wanneer ons gedoop word, word ons herinner aan wat Jesus vir ons gedoen het. Wanneer ons onder die water gedompel word, word ons herinner aan Jesus se dood aan die kruis en dat Hy vir ons sondes betaal het. Wanneer ons uit die water kom, word ons herinner dat Jesus na drie dae uit die dood opgestaan het! Ons lees in 2 Korintiërs 5:17: "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens." Die doop herinner ons dat "die oue verby is, en die nuwe gekom het!"



Onthou: om gedoop te word is belangrik, maar nie omdat dit jou red nie. Die genade van God, deur geloof in Jesus, is wat jou red. Om gedoop te word gaan daaroor om die wêreld te vertel van die verandering wat reeds binne jou plaasgevind het. 



Uitdaging: Wanneer jy besluit om die volgende stap te neem deur gedoop te word, maak seker jy nooi jou vriende en gesin uit om dit saam met jou te vier!



Wie God vind, vind die lewe. Ontdek meer by life changing content from Life.Church


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Baptism? A 3-Day Plan To Prepare Or Decide

Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie L...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid