Leesplan inligting

Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitnemingVoorbeeld

What Is Baptism? A 3-Day Plan To Prepare Or Decide

DAG 1 VAN 3

As jy nou hierdie leesplan lees, is jy heel waarskynlik nuuskierig oor die doop, of jy beplan om jou te laat doop, of miskien is jy so pas gedoop, maar jy het nog vrae. Dis waarom ons die volgende paar dae gaan gebruik om te hoor wat die Bybel te sê het oor die doop en hoekom dit so belangrik is. 


Eerstens is daar 'n paar betekenisvolle dinge om van kennis te neem: 



  1.  Die doop is nie 'n daad wat jou red nie. Die doop is slegs 'n uiterlike teken van die verandering wat reeds in jou hart plaasgevind het. Jy kan nog steeds vir Jesus volg sonder om gedoop te wees en indien jy Jesus as jou persoonlike Heer en Redder aangeneem het, sal jy die ewigheid saam met hom deurbring al is jy nie gedoop nie. In Efesiërs 2:8-9 herinner Paulus ons daaraan dat ons nie deur goeie werke — die doop ingesluit — gered kan word nie, maar slegs deur genade en geloof in Jesus.

  2.       
  3.  Die doop is slegs 'n simbool. Vir getroude paartjies is die ringe 'n belangrike simbool. Die trouring verkondig aan almal dat hulle getroud is, maar dis nie die trouring wat die paartjie getroud maak nie. Trouens, indien een van hulle die trouring sou verloor, sal hulle nog steeds getroud wees! Dit is dieselfde met die doop. Dit is 'n simbool dat ons aan Jesus behoort en dat ons ons lewens aan Hom toewy. 

Nou weet jy wat die doop is. Môre ontdek ons waarom ons gedoop behoort te word. 


Uitdaging: Bring vandag 'n paar minute in gebed deur en vra God om aan te hou om sy liefde aan jou te openbaar. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Baptism? A 3-Day Plan To Prepare Or Decide

Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie L...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid