Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 7 VAN 8

Die dag toe Jesus dood is, was die wêreld oordek met 'n onnatuurlike, vroeë, allesoorheersende duisternis. Daar was geen rede vir die son om op daardie geskiedkundige dag te skyn nie. Die Lig van die wêreld was tydelik geblus.



Die voorhangsel in die tempel, wat simbolies die Allerheiligste van die voorhof geskei het, was in twee geskeur! Toe Jesus sy laaste asem aan die kruis uitgeblaas het, is die voorhangsel aan repe geskeur! Die mensdom sou nooit weer van hul Heilige God geskei wees nie! Die Gees van Jesus Christus het die skeidsmuur in twee gebreek en 'n weg gemaak vir jou om God aan te raak.



Die aarde het gebewe toe Jesus gesterf het. Die klippe het hartseer uitgeroep toe die Verlosser van die wêreld sy laaste aardse asem uitgeblaas het.



Dooie mense het uit hul grafte opgestaan! Kan jy jou die krag voorstel wat daardie dag vanuit die hemel losgebreek het? Die dood het sy krag verloor! Jesus het vir ewig die dood oorwin en selfs grafte kon nie die dooies vashou nie. Hierdie liggame is vrygemaak deur die krag van die lewe wat daardie dag uit die hemel vrygestel is!



Die dag toe Jesus gesterf het, het die hele mensdom geweet dat iets reusagtigs gebeur het.



Josef van Arimatea het sy graf, wat nog ongebruik was, aangebied. Hierdie geleende graf was in 'n grot wat uit die rots in 'n heuwel gegrawe is. Die liggaam van Jesus Christus is daarin neergelê, en 'n groot klip, wat groter as die opening was, is daarvoor gerol.



Hulle het die graf so goed beveilig as wat menslik moontlik was. Hulle het die groot klip met klei verseël wat hard geword het. Jesus is letterlik in die graf in gesement. Toe is daar 'n wag geplaas om die graf van Jesus te bewaak.



"Gaan beveilig die graf so goed as moontlik," was Pilatus se opdrag aan die Farisieërs. Hulle het egter nie verstaan dat geen klei ... geen klip ... geen wag ... geen graf ... en geen soldate kon keer dat die Seun van God weer opstaan nie!



Jesus sou binnekort sy geleende graf teruggee!
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid