Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 5 VAN 8

Jesus het drie dissipels saam met hom na die tuin van Getsemane geneem. Petrus, Jakobus en Johannes was saam met Hom by die verheerliking op die berg, en Jesus het hulle nodig gehad om saam met Hom in gebed te staan.



Terwyl Jesus egter gebid het ... het hulle geslaap. Terwyl Jesus groot druppels bloed gesweet het ... het hulle lê en snork. Terwyl Jesus in angs uitgeroep het .. het die drie manne wat Hy vertrou het, geslaap.



Hy het geweet Hy sou 'n geweldadige dood soos dié van 'n misdadiger sterf, en hulle het ingesluimer en geslaap.



Jesus het drie keer na die dissipels toe gegaan ... en al drie kere was hulle vas aan die slaap.



Ons is verstom oor die skynbaar onbedagsame optrede van Petrus, Jakobus en Johannes. Hoe dikwels tree ons egter ongeërg op wanneer Jesus ons roep?



Ons kyk TV wanneer ons moet bid.



Ons lees liefdesverhale terwyl daar mense is wat liefde nodig het.



Ons lê en snork terwyl ons gemeenskappe verbrokkel.



Net soos die Verlosser vir Petrus, Jakobus en Johannes nodig gehad het ... so het jou Verlosser ook vir jou nodig. Hy het die krag van gebed aan jou toevertrou. Hy het die sendingopdrag aan jou toevertrou. Hy het die evangelie aan jou toevertrou.



In hierdie tuin het Jesus gebid: "Nie soos Ek wil nie ... maar soos U wil."



Het jy al ooit daardie gebed probeer bid as jou wêreld uitmekaar val? Het jy al ooit gebid "Vader, laat u wil geskied" wanneer jy voor moeilike omstandighede te staan gekom het?



As ons niks anders uit hierdie gebeurtenis in Jesus se lewe leer nie, behoort ons minstens te leer bid terwyl ander slaap en behoort ons begeerte te wees om eerstens die wil van die Vader te doen.



Toe Jesus uiteindelik die drie manne wakker gemaak het, het hulle 'n klomp mense in die maanlig oor die westelike hange van die Olyfberg sien aankom. Nadat die groep, wat deur Judas gelei is, vir Jesus in hegtenis geneem het, het Petrus in die voorhof van die hoëpriester agtergebly. Dit was daar waar Petrus vir Jesus drie keer verloën het.



Ek wonder of Petrus vir Jesus sou verloën het as hy eerder gebid as geslaap het. Ek wonder hoe anders my lewe sou wees as ek sou bid ... eerder as om te slaap.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid