Leesplan inligting

Kaalvoet Op Heilige GrondVoorbeeld

Kaalvoet Op Heilige Grond

DAG 4 VAN 6

4 Die geheim om met blydskap te bid

Jesus het gesê: “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matteus 6:7-8).

Die geheim van gebed, sê Jesus, lê nie in baie woorde of om dieselfde ding oor en oor te herhaal nie. Dit is hoe die heidene bid. Die geheim van gebed lê in die wete dat jy 'n Vader het en dat Hy presies weet wat jy nodig het. Hy ontferm Hom oor jou en sorg vir jou. Dit is soos wanneer ek vir my dogter vra om die inkopies te gaan doen, maar voordat sy uit die kar spring winkel toe, sit ek die kontant in haar hand sodat sy die inkopies kan betaal. God is 'n regverdige Vader. Hy betaal vir wat Hy wil hê!

As student het ek na pastoor Reinhard Bonnke gaan luister. Ek onthou sy woorde asof ek dit gister gehoor het: "Geloof werk sonder gebed, maar gebed werk nie sonder geloof nie." Geloof is om te vertrou dat God vir ons alles sal gee wat ons nodig het!

As jy die taal van dankbaarheid vergeet het, sal jy en vreugde min met mekaar te doen hê. Dankbaarheid is om rat te verwissel – van waar jy dieselfde ding oor en oor sê, tot om met gelóóf te bid. Dankbaarheid is gebedsgeloof in aksie!

“Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar” (Kolossense 4:2). Dankbaarheid laai jou gebed met geloof-dinamiet! In plaas daarvan om te bid: "Here, ek bid dat U my vriend sal red", bid eerder: "Dankie Here, dat U verlossing in my vriend se lewe bewerkstellig." Eerder as om te bid: “Here, lei my asseblief vandag”, bid eerder: "Here, dankie dat U my herder is en dat U my vandag lei op paaie wat U eer". Vra minder en sê meer dankie!

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filippense 4:6,7). Dankbaarheid sal jou hart en gedagtes bewaar met God se vrede. Dankbaarheid sal jou denkpatrone verander. Dankbaarheid sal vrede in jou denke bewerkstellig.

“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is” (1 Tessalonisense 5:18, NLV). Dankbaarheid is die wil van God. Die sleutel tot goeie geestesgesondheid is om in alle omstandighede dankbaar te wees.

Dankbaarheid is die wyse waarop ons in sy teenwoordigheid ingaan en nader aan Hom kom. “Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam. Want die Here is goed. Sy troue liefde hou aan vir altyd, sy trou is van geslag tot geslag” (Psalm 100:4-5, NLV).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Op Heilige Grond

'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val...

More

Ons wil graag Barefoot Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/4bUhya8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid