Leesplan inligting

Kaalvoet Op Heilige GrondVoorbeeld

Kaalvoet Op Heilige Grond

DAG 3 VAN 6

3 God stel engele vry wanneer ons bid

Engele aanbid nie net bloot in die hemel nie. Hulle word deur die Woord van God vrygestel om krygers, boodskappers en helpers vir die seuns en dogters van God te wees.

In Handelinge 12 lees ons dat Herodes die kerk vervolg het. Hy het vir Jakobus doodgemaak en toe vir Petrus in die tronk gegooi met die doel om hom na die Paasfees tereg te stel. Volgens hom was Petrus veilig toegesluit. “Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak" (Handelinge 12:6).

Die kerk het egter “aanhoudend vir hom tot God gebid” (Handelinge 12:5b). God laat wonderwerke gebeur wanneer die gemeente as liggaam saam bid, omdat daar soveel krag in hierdie soort gebed is.

Meteens staan daar 'n engel van die Here en skyn daar 'n lig in die sel” (Handelinge 12:7a). Waar engele verskyn, is daar lig. Hulle verskyn skielik en verdwyn net so vinnig. “Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: ‘Staan gou op.’ Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval” (Handelinge 12:7b). Die toetrede van engele word gekenmerk deur bonatuurlike dade van God.

Engele bring hoop wanneer mense in desperate omstandighede bid! “Verlede nag het daar 'n engel van die God aan wie ek behoort en wat ek dien, langs my gestaan, en vir my gesê: ‘Hou op bang wees, Paulus ... om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is.’ Daarom, hou moed manne! Verseker vertrou ek op God dat alles presies só sal gebeur soos Hy vir my gesê het” (Handelinge 27:23-25 NLV). Paulus se gebede op daardie gehawende skip is beantwoord deur 'n engel wat langs hom gestaan het. Die engel het hoop gebring!

“In Sesarea was daar ‘n Romeinse weermagoffisier met die naam Kornelius ... Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid. Een middag teen drie-uur het hy in ‘n gesig duidelik ‘n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: 'Kornelius!” (Handelinge 10:1-3, NLV). God het ‘n engel gestuur na hierdie man wat God liefgehad het. Hy was ‘n man met 'n vrygewige hart teenoor die armes en het altyd gebid. Dit was sy gebede en vrygewige hart wat God se aandag getrek het (vgl Handelinge 10:4).

Terwyl Sagaria in die heiligdom was, verskyn ’n engel van die Here aan hom, regs van die wierookaltaar. Sagaria het hom lam geskrik toe hy die engel sien. Maar die engel sê: ‘Moenie bang wees nie, Sagaria, want God het jou gebed gehoor en jou vrou, Elisabet, sal vir jou ’n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.’” (Lukas 1:11-13, NLV) 'n Engel van God verskyn toe Sagaria, die toekomstige pa van Johannes die Doper, wierook geoffer het tydens die uur van gebed. Die engel se woorde was: “God het jou gebed gehoor!”

Bid, bid, bid. Want God hoor nie net ons gebede nie, Hy stuur ook engele as antwoord op ons gebede.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Op Heilige Grond

'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val...

More

Ons wil graag Barefoot Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/4bUhya8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid