Leesplan inligting

Sy liefde red onsVoorbeeld

Sy liefde red ons

DAG 6 VAN 7

Die liefde van God

Liefde is nie net ’n eienskap van God nie, dit is inherent wie Hy is. Hy is liefde. As die Bron van liefde, het Hy dit gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf sodat ons tot in alle ewigheid in sy teenwoordigheid kan lewe. As die volmaakte Seun van God is Jesus die verpersoonliking van die Vader se liefde, die hoogste uitdrukking daarvan. Sy woorde, sy wonderwerke, sy genesings, sy dood, alles is tekenend van die Vader se onmeetbare liefde wat Hy rojaal oor ons uitstort.

Al kan liefde ’n ontwykende konsep wees, ’n stroperige, sentimentele emosie wat baie mense sukkel om te begryp, is die liefde van God in Jesus sigbaar en konkreet. Ons kan God se liefde nie verstaan nie – dit is konstant, onvoorwaardelik, tydloos en onfeilbaar. Niks kan ons daarvan skei nie, dit is ewig en sonder beperking.

Omdat Hy ons Vader is, is ons veilig in sy liefde, want sy volmaakte liefde verdryf vrees. God wil hê sy kinders moet ander volkome liefhê soos Hy ons volkome liefhet. Wanneer ons hierdie Bybelse liefde in woord en daad uitleef, sal ons ware kinders van God genoem word.

Vader, dankie dat U ons eerste liefgehad het en in ons plek aan die kruis gesterf het – selfs toe ons nog sondaars was. Here, my begrip van u liefde asook die uitleef daarvan, is beperk. Daar staan geskrywe dat liefde alles bedek, alles glo, alles hoop, alles verdra, en tog bring ek eerder dinge aan die lig, glo nie alles nie, verloor maklik hoop en elke nou en dan trek ek ’n streep in die sand. Here, gee my vandag ’n groter begrip van u ewige, onvoorwaardelike liefde. Amen
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sy liefde red ons

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid