Leesplan inligting

Sy liefde red onsVoorbeeld

Sy liefde red ons

DAG 4 VAN 7

Kniel voor Jesus

Kom ons staan ’n oomblik af en kyk na Jesus, die beeld van God. Teenwoordig reeds voor die skepping en ook by die skepping, is alles deur Hom en vir Hom geskep. Dinge in die hemel en op aarde, sigbaar en onsigbaar, absoluut álles kan ons terugvoer na Jesus. Almal vind hul doel in Hom en almal is een in Hom, want Hy koördineer en bekragtig alles en deur Hom bly alles in stand. Hy was die Allerhoogste in die begin, en aan die einde sal Hy nog steeds die Allerhoogste wees.

Hy is die Seun van God, die Lam wat geslag is en die Verlosser na wie ons uitreik. Voor Hom kniel ons in aanbidding en danksegging, in vreugde en afwagting, in heilige eerbied en vrees. As ons plaasvervanger is Hy aan die kruis vasgespyker en in ons plek het Hy aan die kruis gesterf. In sy lyding word sy heerlikheid weerspieël, en in sy heerskappy oor die dood as die Eersgeborene van die hele skepping herken ons sy nederige gehoorsaamheid. As die Opstanding en die Lewe, kniel ons voor Jesus, die Naam bo elke naam.

Here, ek kan nie onthou wanneer laas ek voor U gekniel het nie; tog is dit vandag die begeerte van my hart. Jesus, Naam bo elke naam, ek aanbid U – Alfa en Omega, die helder Môrester, Christus die Heer, Vriend van sondaars en tollenaars, Heilige van God, Koning van die Leërskare, Lam wat geslag is, Lig van die Wêreld, Enigste Seun van God, Redder van ons sonde, Wysheid van God, ons Hoop op die heerlikheid. Amen
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sy liefde red ons

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid