Leesplan inligting

Tyd om te Staan!Voorbeeld

Tyd om te Staan!

DAG 5 VAN 5

Gegrond op jou knieë

Jakobus 5:16 (b): “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

“Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ‘n kragtige uitwerking” (NLV).

Lees die teksverse weer. “… gebed van ‘n gelowige” en “… iemand wie se saak met God reg is …”

Dit is twee kragtige stellings. Wat ervaar jy as jy dit lees? Ekself het eendag halt geroep in my gedagtes toe my oë vas gegom het op hierdie vers. Hoe lyk mý geloof? Is my saak régtig in orde met God? Ek het al so baie met Hom gestoei, gesmeek en baie vrae gevra net om weer om vergifnis te smeek.

En tog, wanneer ek tye beleef waar geen woorde aan my hart se deur kom klop nie, dan besef ek dat stil wees ook ‘n gebed kan wees, selfs meer opreg omdat dít wat jy nie kan verwoord nie, die gaping vir God gee om in te spreek in jou siel. Dan is dit asof stilte met jou praat. Op my knieë het ek al ervaar dat dié posisie ook deel is van eerbied, teen die grond, vas gegrond voor ‘n troon groter as wat ‘n mens ooit sal kan dink. Psalm 46:11 roep ast’ware stilte nader: “Wees stil en weet Ek is God!”

Geloof en gebed blyk ‘n tweeling te wees. Ek kan nie bid as ek nie glo in die woorde wat ek voor God uiter nie. Ek kan nie glo as ek nie voor God ‘n versoek wil bring nie. Op jou knieë is ‘n stewige posisie, vas in vertroue dat God jou hoor, gegrond in sy teenwoordigheid. Wanneer jou mond dán woorde spreek, kan dit nie anders as kragtig wees nie omdat jy in sy teenwoordigheid is.

Gebed: Vader God, U nooi ons om tot u troon te nader, om onsself bloot te stel voor U. Help my om u stem te hoor in die stilte, om my diepste self te ondersoek en my saak met U in stand te hou. Ek wil beleef hoe gebede kragtige werkinge vanaf u hand meebring want … U is God!

Wanneer jy bid, dink só daaraan: die Rots naamlik Jesus, is die veiligste plek om te buig en te luister — om op jou knieë Hom te eer en kragtige werkinge moontlik te maak.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te Staan!

Soms kan mens verslaan voel omdat die lewe jou om elke hoek en draai verras — goed of sleg. Meestal is die verrassing 'n uitdaging en dan moet jy deurdruk. Maar jou wil en fokus ontbreek. Dis dan waar die tekkie die teer...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid