Leesplan inligting

Tyd om te Staan!Voorbeeld

Tyd om te Staan!

DAG 4 VAN 5

Staan stil

2 Kronieke 20: 17: “Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle.”

Efesiërs 6:13: “... nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos bly staan.”

Soos ek hier skryf dink ek “oukei, ek het die wapenrusting van God aan en ek stap (met moeite) deur ... hoekom moet ek nou stilstaan?”

Die rede is dat ons elkeen op ‘n plek in die lewe arriveer waar jy wéét dat nét God jou stryd kan finaliseer en deurbrake gee. Dat jy op daardie stukkie "grond" van jou lewe die offer op die altaar moet wees.

In die Engelse vertaling (Amplified) lees Efesiërs 6:13 so mooi: “... having done all the crisis demands, stand still [firmly in your place] ...” Toe ek dít raaklees het ek besef dat God se grootheid slegs geopenbaar kan word as ek vir Hom alles oorgee, juis op my "stukkie grond" waarheen ek geveg en geworstel het. Dán roep Hy “halt” en “op die plek rus” net soos ‘n soldaat sal hoor van sy bevelvoerder. God het die laaste woord om te spreek, die laaste sê oor jou lewe. Hy is die Generaal wat verby jou en vóór jou inbeweeg en sy hand sal lig terwyl jy kyk!

Gebed: Vader, ek wou al my wit vlag opsteek maar u Woord sê om vas te staan. As U dit sê dan is daar outoriteit in u woorde, ‘n opdrag. Ek besluit vandag om U te glo en nie wat omstandighede of die wêreld dikteer nie.

Stop en sê vir jouself “op die plek rus” en doen dit! Haal diep asem en “staan” rustig op jou plek. God se hand is reeds gelig in jou gehoorsaamheid. Bêre gerus die wit vlaggie!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te Staan!

Soms kan mens verslaan voel omdat die lewe jou om elke hoek en draai verras — goed of sleg. Meestal is die verrassing 'n uitdaging en dan moet jy deurdruk. Maar jou wil en fokus ontbreek. Dis dan waar die tekkie die teer...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid