Leesplan inligting

Dís my Jesus.Voorbeeld

Dís my Jesus.

DAG 6 VAN 7

BY HOM HET EK DIE EWIGE LEWE

"Toe sê Jesus vir haar: 'Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?'" Johannes 11:25,26 AFR83.

Ek hoop jy lees hierdie hele hoofstuk. Marta en Maria is maar soos ek en jy. Al het hulle Jesus goed geken, was hulle ook maar gou met: Jesus, waar was U? Hoekom het U so lank gevat? As U hier was sou ons broer nie gesterf het nie!

Die hoekom en waarom vrae is mos maar so eie aan die mens: Jou kind raak skielik siek, jou geliefde sterf tragies, julle verloor al jul besittings as gevolg van ‘n brand of inbraak, jy ontwikkel ‘n ongeneeslike siekte ... Ek weet nie wat jou doodsvonnis vandag is nie. Ek weet wel, dat Jesus op pad is na jou toe. Hy weet alreeds dat Hy vir jou die ewige lewe wil gee.

Jesus raak hartseer toe Hy die vroue se trane sien. Volgens Bybel-kommentare is daar ‘n verskil in Jesus se hartseer en die geween van die vroue. Eintlik was Jesus amper kwaad-hartseer. Hy het geweet dat dit die Satan was wat inbeweeg om lewe te steel. Hy het ook geweet dat Hy self binnekort sou sterf. Sy hartseer was baie rou en diep. Onthou, Hy het geweet Hy sou Lasarus uit die dood opwek. En ja, of jy ‘n man of ‘n vrou is, dis OK om te huil. Jesus het gehuil, so ook Abram, Jakob, Dawid, Josia en Jeremia. As Jesus emosie gewys het, kan ek en jy ook.

Die heel belangrike deel wat ons vandag moet saamneem is dat as ons in Jesus glo, dan maak dit nie saak dat ons liggaam doodgaan nie. Hy belowe dat ons vir altyd saam met Hom in sy hemelse woning sal leef. Die dood van ons liggaam is net ‘n oorgang van ons na ‘n nuwe, vryer manier om by God die Vader te leef.

Die ongelowiges vrees die dood en God se oordeel, maar die gelowiges sien met afwagting uit na ‘n lewe vol van God se genade en glorie.

Verklaar jy ook nou: Jesus is die Christus, die Seun van God? Wel, dan sal jy verseker in alle ewigheid nooit sterwe nie!

Gebed:

My Hemelvader, dankie dat ek ook vandag hardop kan verklaar ek glo in Jesus Christus, die Seun van God. Dankie dat U my nou die belofte gee om ná my vlees dood is, vir altyd saam met U in u hemelse paradys te kan woon. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dís my Jesus.

Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom h...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid