Leesplan inligting

Dís my Jesus.Voorbeeld

Dís my Jesus.

DAG 1 VAN 7

HY MAAK MY VOL MET SY LIEFDE

"Jesus sê toe vir die kelners: 'Maak die kanne vol water.' Hulle het dit tot bo toe volgemaak" Johannes 2:7 AFR83.

Ek hoor dikwels mense sê: “O ek voel so leeg!” Gewoonlik is dit hoe jy voel na ‘n traumatiese gebeurtenis soos die dood van ‘n geliefde of na ‘n tyd van finansiële spanning. ‘n Mens voel veral leeg nadat jy vir ‘n lang tyd iemand anders emosioneel ondersteun het. Maar ‘n mens worstel dikwels met ‘n leë gevoel in jou hart as jy ver van Jesus in jou geloofslewe af raak. Hoe besiger jy raak, hoe minder tyd bestee jy met die Woord van God en jy skeep jou gebedslewe af. Voor jy jou kom kry roep jy uit: “Here, ek voel so leeg!” Gelukkig is daar by Jesus Christus ‘n uitkoms.

Die eerste wonderteken wat Hy in Kana gedoen het, was by ‘n bruilof. Het jy geweet dat in die Bybelse tyd het die wyn wat die mense gedrink het, uit twee dele wyn en drie dele water bestaan? Jesus gee opdrag dat hulle die kanne heeltemal vol moet maak. En ja, as hulle die kanne net half vol gemaak het, was daar dalk die helfte minder wyn. Daar was toe meer as genoeg wyn vir die bruilof en selfs ook oor vir die bruid en bruidegom wat hul na die tyd kon verkoop. Ja, as Jesus in jou vertrek is, “lê die beste nog voor!”

Hierdie wonderwerk van Jesus wys ons dat Hy nie op die aarde was om te skep nie, maar Hy kom verander en te vermeerder. Die water verpersoonlik ‘n verhouding met God in die Ou Testament: vol wette en reëls. Die wyn verpersoonlik ‘n verhouding met Jesus Christus: blydskap en vreugde in Hom, want Hy maak jou vry! Johannes 1:17 DB sê: “God het die wet deur Moses gegee. Jesus het egter vir ons die wonderlike goedheid van God af gebring. By Hom kon ons leer wat die waarheid is.”

Gaan in ‘n verhouding met Jesus Christus! Glo dat sy wonderwerkende krag en mag jou geestelik kan vol maak met sy liefde! Leef dan in sy oorvloed.

Gebed:

My Here, vandag voel ek so leeg in my hart. Maak my asseblief vol met u heerlikheid en liefde sodat ek verander kan word om U met oorgawe te kan aanbid en dien. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dís my Jesus.

Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom h...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid