Leesplan inligting

Here, Ek Wil Hoor!Voorbeeld

Here, Ek Wil Hoor!

DAG 6 VAN 7

DAG 6 Lees jou Bybel

"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk" (2 Timoteus 3:16,17).

Baie mense vra hoe jy God se stem kan hoor. In die Bybelse tyd het mense na profete geluister. Soms het God deur drome of profesieë met mense gepraat. Vandag het ons die Bybel. Alles wat ons wil en moet weet, is daarin. Ja, God praat dikwels met ons deur iets wat die predikant of ‘n vriend sê. Soms lees jy êrens iets wat vir jou die antwoord gee waarna jy soek.

Omdat God se Woord so kragtig is, kan jy nooit ooit verkeerd gaan om jou antwoorde daar te kry nie. Paulus sê in Hebreërs 4:12 dat God se woorde nie dooie woorde is nie. Dit wat God sê, gebeur en daar is geen keer aan nie. Dit is ook nie oppervlakkig nie en kan soos ‘n skerp mes diep tot binne-in jou diepste wese sny — dis daardie deel waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. God se Woord plaas dus alles wat jy dink en sê onder die soeklig.

Ek het as kind die liedjie “Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag. Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag” geleer. Dit is so waar. Ons drink soms handevol vitamines omdat ons emosioneel en geestelik moeg en afgemat is. Eintlik moet ons net weer vol word van God se Woord, want as jy naby Jesus Christus leef, het jy ‘n opgewondenheid in jou hart, al gaan jy deur moeilike tye. Jy kry krag om aan te gaan met jou dagtaak, al is jy doodmoeg. As jy die pad byster geraak het, sal jy ‘n stem hoor wat vir jou sê: “Hier is die regte pad, loop hierlangs” (Jesaja 30:21).

Bid en vra God om aan jou te openbaar wat Hy jou wil leer. Hy sal jou mooi wys.

Gebed: My Hemelvader, help my asseblief om my Bybel elke dag te lees. Wys my en leer my hoe om dit so te gebruik dat ek U beter kan leer ken. Dankie dat U my liefhet en dat ek u Woord as ‘n riglyn vir my lewe kan hê. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Hoor!

Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie we...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid