Leesplan inligting

Here, Ek Wil Hoor!Voorbeeld

Here, Ek Wil Hoor!

DAG 1 VAN 7

DAG 1 Wees ‘n kind van God

"Wie ‘n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie" (Johannes 8:47).

Hoe hoor ‘n mens God se stem? Johannes sê in ons teksvers dat ons nie luister nie, omdat ons nie kinders van God is nie.

Daar staan in Romeine 10:9 dat as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, jy gered sal word.

Nooi Jesus Christus om in jou hart te kom woon. Sê sommer nou vir Hom dat jy jammer is oor die verkeerde dinge in jou lewe. Want as jy glo dat Jesus Christus jou Redder is, dan IS jy ‘n kind van God! As jy ‘n kind van God is, kan jy weet dat Hy alreeds al jou sonde vergewe het toe Hy aan die kruis gesterf het.

Ek onthou dat my ma so ‘n spesifieke manier gehad het om my naam te sê. Ek sou haar stem tussen die stemme van ‘n klomp mense kon uitken, want ek het in dieselfde huis as sy gebly. Ons het elke dag gepraat. Ek het elke dag vir haar vertel van dinge waarvan ek hou en wat my bangmaak. Ek het na haar toe gehardloop as ek hartseer of bly was. Omdat ons so ‘n intieme verhouding gehad het, kan ek selfs nou nog, jare na haar dood, die spesifieke intonasies van haar stem hoor.

Dit werk op presies dieselfde manier as jy ‘n kind van God is. Hoe meer jy met Hom praat en jou Bybel lees om Hom beter te leer ken, hoe makliker sal jy sy stem kan hoor. As jy Hom ken, sal jy Hom liefhê. En as jy Hom liefhet, sal jy nog meer tyd saam met Hom wil deurbring. Jy sal dan vir seker sy stem uitken tussen al die stemme wat die wêreld deur middel van die TV of sosiale media in ons gedagtes instuur.

Die wêreld sê: “Jy is te vet.” God sê: “Jy is op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse geskep.” Die wêreld sê: “Jy is ‘n mislukking.” God sê: “Jy is my oogappel; jy is kosbaar.”

Gebed: My Hemelvader, vandag wil ek U nooi om in my hart te kom woon. Ek is so jammer oor al my sondes. Vergewe my asseblief. Dis my hartsbegeerte om u stem in my lewe te kan hoor. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Hoor!

Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie we...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid