Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

DAG 5 VAN 5

Kinders is goed daarmee om ekstra druk by jou dag te voeg. Al die vrae, die behoeftes, al die konflik. Die lewe was baie makliker voordat God hierdie seëninge tot ons lewens toegevoeg het.


Wanneer broers en susters baklei, styg ons ma-antennas vinnig op soos 'n rooi vlag. Ons wil hê dit moet ophou! Nou. Veral voordat dit fisiek raak, want dit kan, selfs tussen jong kinders. Die wêreld praat van "familietwis". Ek verkies om eerder daaraan te dink as normale menslike verhoudings.


Elke verhouding ervaar konflik. Alle verhoudings sou maklik gewees het as dit net nie vir die mense was nie! Ons giggel oor daardie uitdrukking, maar ons weet dit is waar.


As ma's is ons al daaraan gewoond om dinge oor en oor te sê. "Speel saam!" "Hou op om jou broer te slaan!" "Wat gaan ek met julle twee aanvang?" "Gaan dit ooit einde kry?" "Gaan na jou kamer toe!" Ons vra dieselfde onbeantwoorde vrae en gee dieselfde bevele oor en oor, maar blykbaar het niks verander nie.


Vandag kom ons maar weer te staan voor dieselfde kwessies as gister. Ons is al moeg daarvan om dieselfde woorde vir dowe ore te herhaal, wat dit in elk geval nie verstaan nie. Ons voel soos plate wat vashaak.


Tydens Jesus se bedieningsjare het Hy Homself ook weer en weer herhaal, maar nooit met enkelsin bevele wat in desperaatheid uitgeroep is nie. Hy het sy tyd geneem. Hy het by mense gaan sit en met hulle geselsies aangeknoop. Sy verhale was herhalend — oor dieselfde kwessies: om God lief te hê en ander lief te hê. Hy het homself herhaal aan mense wat dit net nie kon begryp nie, maar Hy het nie opgehou om dit te sê nie. Hy het dit net anders benader, 'n ander manier probeer.


Hy het vir ons 'n goeie voorbeeld gestel deur herhaaldelik te sê wat gesê moes word op 'n stil, kalm, kreatiewe manier en in liefde — nie in krete en bevele nie. Hy het hulle deur sy voorbeeld geleer. 


Die waarheid is: net God kan 'n hart verander. As woorde 'n persoon se hart kon verander, sou al my kinders perfek gewees het!


Mamma's, hou aan om in liefde tereg te wys, maar stel meer dikwels die voorbeeld van 'n kalm en stil gees wanneer jy praat. Staan 'n minuut af om jouself te kalmeer en jou senuwees onder beheer te kry. Vra om verskoning en vra hulle om vergifnis wanneer jy jou humeur verloor het en neem tyd om hulle te leer om ook vir mekaar om verskoning te vra. Herhaal die ontvlambare toneel in 'n rolspel en vra vir kalmer houdings en stemme. Moet net nie ineenstort en handdoek ingooi nie! Buitendien, hoeveel keer sê die Bybel vir ons "moenie bang wees nie"? En tog …


Begin vandag nog om tyd met jou kinders deur te bring — nie om vir hulle 'n lesing te gee nie, maar om die lewe, liefde en verhoudings met hulle te deel. Bid vir hulle en oor hulle en stort jou hart teenoor God uit daar voor hulle. Dit sal nie verkwiste tyd wees nie.


Moenie net praat nie; demonstreer dit. Moenie dit net sê nie; bid dit.


Vader, ek erken dat ek heeltemal te gereeld my humeur verloor wanneer my kinders baklei. Help my asseblief om tyd uit my dag opsy te sit om hulle te lei en te leer van u liefde en u weë op 'n kreatiewe manier wat hulle nie laat voel asof ek vir hulle wil voorsê nie. Help my om na my eie woorde te luister soos hulle uit my hart vloei, sodat ek op 'n gebrek aan geduld en deernis sal let. Bowenal bid ek dat U my sal help om nie my eie woorde deur my dade te weerspreek nie. Ek bid dat U vir my 'n sweempie van u teenwoordigheid in my kinders se harte sal wys, sodat ek kan weet dat ek op die regte pad is. Gee my die vrymoedigheid om voor hulle te bid en U die middelpunt van ons dag te maak.


Oorweeg om hierdie Skrifgedeeltes in Die Boodskap te lees.


As jy hierdie oordenking geniet het, lees ook deel 5 hier en vir 'n harde kopie studie weergawe hier. Maak kontak met Robin op Instagram by @manymeadows


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid