Leesplan inligting

KykNET Lent GidsVoorbeeld

KykNET Lent Gids

DAG 5 VAN 39

Wanneer ek vergelyk

Wie is ek?
Wie is ek? Hulle vertel my dikwels
Ek het uit my sel se opsluiting gestap
kalm, vrolik, ferm,
soos 'n landheer uit sy plattelandse huis.

Wie is ek? Hulle vertel my dikwels
Ek het vroeër met my bewaarders gepraat
vry en vriendelik en duidelik,
asof dit myne is om te beveel.

Wie is ek? Hulle vertel my ook
Ek het die dae van ongeluk gedra
gelyk, glimlaggend, trots,
soos een wat gewoond is om te wen.

Is ek dan regtig dit waarvan ander mense vertel?
Of is ek net wat ek van myself weet?
Rusteloos en verlangend en siek, soos 'n voël in 'n hok,
sukkel om asem te haal, terwyl taai hande my keel toegedruk het,
smagtend na kleure, na blomme, na die stemme van voëls,
dors na woorde van vriendelikheid, na naasteliefde,
in die verwagting van groot gebeurtenisse,

magteloos bewende vir vriende op 'n oneindige afstand,
moeg en leeg om te bid, om te dink, om te maak,
flou, en gereed om van dit alles afskeid te neem.

Wie is ek? Hierdie of die Ander?
Is ek vandag een mens en môre 'n ander een?
Is ek albei gelyktydig? 'n Huigelaar voor ander,
en voor myself 'n veragtelike wese, swakkeling?
Of is iets in my nog in my soos 'n verslane leër,
vlug in wanorde van 'n oorwinning wat reeds behaal is?
Wie is ek? hulle spot met my, hierdie eensame vrae van my.
Wie ek ook al is, U weet, o God, ek is Uwe!

-Dietrich Bonhoeffer (In Engels vertaal deur J.B. Leishman; vrye vertaling na Afrikaans)

-Numeri 13: 30,31,33, 14: 1-3
"Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig. 31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. 33Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë. 1TOE het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween. 2En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het! 3En waarom bring die Here ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie? "

Vergelyking

"Kom ons hou dadelik op om so baie van onsself te dink. Ons mag nie onder mekaar stry of op mekaar jaloers wees nie"
Galasiërs 5:26 (Die Boodskap).

In die woestyn kom dit wat binne ons is dikwels na vore. Ons mag dalk geskok wees oor wat na vore kom en voel dat dit nie eintlik is wie ons is nie. Beslis nie wat ons wil wees nie. Die dinamika van vergelyking tree dikwels in werking. Om te vergelyk is om gelyktydig te probeer inpas en uitstaan. Dit is om soos almal te wees, net beter. Ons sien hoe dit met die Israeliete gebeur. Daar is opwaartse (met die wat “beter” is as ons) en afwaartse (met die wat “slegter” is as ons) vergelykings wat plaasvind. Dit kan tot bewondering en respek lei, maar dit lei gewoonlik na afguns, jaloesie, murmurering en blydskap oor ander se ongeluk. Om te vergelyk het ‘n groot effek op ons emosies, wat ons verhoudings en selfbeeld beïnvloed.

Oefening: Raak bewus van die vergelykings wat jy in jou lewe tref. Raak bewus van die effek wat dit op jou lewe het. Vra Hom om jou te bring en te lei na ‘n lewe van vryheid.

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van ‘n lewe vry van vergelyking.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/
 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid