Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 5 VAN 40

BEREI DIE GROND VOOR



Lees Lukas 8:16-18



Jesus waarsku ons dat daar 'n dag sal kom dat niks meer verborge sal bly nie; dat die toestand van ons harte geopenbaar sal word. Maar dan gaan dit te laat wees.



Neem 'n oomblik en bedink wat Jesus op jou hart lê. Vra jouself die vraag af: "HOE reageer my hart op God se woord?" Dit herinner my toe ek nog in graad een was. My gedagtes het maklik in die klas gedwaal en ek het nie op my skoolwerk gefokus nie. As ek 'n swak toetsuitslag gekry het, wou ek dit nie huis toe vat nie. My onderwyser het altyd op Vrydagmiddae al ons uitslae in 'n lêer geliasseer. Ek sou dan op pad huis toe al die swak toetsuitslae uithaal en in die asblik gooi. Ek was bang dat my ma al my mislukkings gaan raaksien. Nietemin, aan die einde van die termyn het my rapport die volle waarheid vertel! Gelukkig het ek my les geleer. Ek het skuldig gevoel omdat ek die waarheid weerhou het en my ouers mislei het, en ek het ook nie gehou van 'n "O", vir onbevredigend, op my rapport nie. Dit was vir my beter om maar my skuld te bely!



Jy mag dalk nooit jou toetsuitslae vir jou ouers weggesteek het nie! Jou gedagtes mag dalk egter maklik dwaal en jy neem nie God se woord ernstig op nie. Jy mag dalk die toestand van jou hart van God en ander mense probeer weerhou. Ons almal is geneig om ons lewens met dié van ander te vergelyk. Ons evalueer ons heiligheid en gehoorsaamheid asof God ons op 'n glyskaal gradeer. Hy doen dit nie. Ons is bang dat God sal sien wat die ware toestand van ons harte is. Moenie bang wees nie. Sê vir Hom dat jy nie eendag voor Hom wil staan en uitvind dat jy net 'n "O" gekry het nie.



Dis beter om nou daarna te kyk. Vra die Here vir sy genade om te doen wat gedoen moet word. Wat beteken dit? Verandering? Onderwerping? Prysgee wat ek graag wil doen?



Weet dat jy nie hierdie pad alleen stap nie. Dis nie nodig om bang te wees of om weg te kruip nie. Roep na God: "O Here, ek het u genade nodig!" Hy sal jou die krag en vermoë gee wat jy nodig het. Lees Galasiërs 2:20.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid