Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 9 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin



DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 1:15-23.

Wat bid Paulus vir die kerk in Efese en vir al die Christene? Gaan terug en lees weer sy gebed in die wete dat as 'n aangenome "kind" van God, Jesus elke dag vir jou intree (Hebreërs 7:25). Stel jou voor dat Jesus hierdie gebed vir jou bid. Vervang die woord "julle" met jou naam en sê hierdie Skrifgedeelte tydens jou stiltetyd vir jouself op. Glo dat dit waar is.



PLANT DIE SAAD

Neem vandag se kernvers en sê dit in stilte vir jouself op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag.



Efesiërs 1:18-19

"Ek bid dat Hy julle geestes oë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo."



GEE DIE SAAD WATER

Neem Paulus se gebed en bid dit oor jou eie familie en vir iemand naby aan jou. Bid dit oor 'n vriendin van jou wat die Here met haar hele hart, siel, krag en verstand soek. Nou, bid dit oor jouself. Net soos wat Paulus vir die Efesiërs en die kerk gebid het, onthou dat Jesus elke dag, elke uur, elke oomblik vir jou ook bid. Vra Hom om jou te help om die lewe deur sy oë te sien. Onthou om deur die dag jou "saad nat te lei". Laat waarheid in jou hart groei totdat jy 'n tuin vol van geloof en geregtigheid het!



DRA VRUG

Bid dat ek Hom in sy volheid sal ken.



SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid