Leesplan inligting

Groter as wat ek verstaanVoorbeeld

Groter as wat ek verstaan

DAG 4 VAN 5

Die Bybel vertel vir ons van Jerigo, ’n stad wat deur hoë en sterk mure beskerm is. Jerigo was ’n veilige plek vir God se vyande om te woon. Altans, so het hulle gedink. Volgens hulle kon niks die mure van hulle stad laat inmekaartuimel nie. God het egter van beter geweet. Hy het beplan dat die mense wat Hom volg die mure sou afbreek en die stad sou inneem.

God se plan het gewerk. God se mense het die stad Jerigo ingeneem. Toe gee God aan hulle die opdrag om alles in die stad te vernietig, behalwe die goud, silwer, brons en yster. Graan was ook waardevol, want dit kon vir allerhande ander nuttige dinge geruil word. God wou egter hê hulle moes ook al die graan vernietig.

Hoekom, het die mense gewonder, wou God al daardie kosbare graan vernietig? Tog het hulle gedoen wat God gevra het.

In onlangse jare het argeoloë die puin van die stad Jerigo gevind, onder meer kleipotte gevul met verbrande graan. Dit bevestig aan ons dat hierdie verhaal in die Bybel waar is.

Soms is God se besluite vir ons as mense onverstaanbaar. Tog wil God altyd hê ons moet sy opdragte uitvoer. Een waarheid wat ons vas kan glo, is dat God goeie redes het waarom Hy doen wat Hy doen. En alles wat God doen, is reg.

Here, soms is u opdragte vir my onverstaanbaar. Tog glo ek dat u redes goed en reg is en ek sal aanhou om op U te vertrou. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Groter as wat ek verstaan

“Kan God enigiets doen?” Jong kinders begin soms hierdie vraag vra. Dit is dan die tyd om hulle te leer dat God regtig enigiets kan doen – al verstaan ons nie altyd wat en hoe Hy dit doen. Hierdie 5 kort en kragtige oord...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid