Leesplan inligting

Groter as wat ek verstaanVoorbeeld

Groter as wat ek verstaan

DAG 2 VAN 5

Nie net het God nog altyd bestaan nie; Hy het ook nog altyd vir ons omgegee. Hy help ons op maniere wat ons dalk nie eens raaksien nie. Hoekom doen God soveel moeite om ons in hierdie lewe te lei? Want Hy is lief vir ons. God het ons so lief dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur het om die pad vir ons oop te maak om by Hom in die hemel te gaan woon wanneer ons die dag doodgaan.

Baie dinge oor God is vir ons ’n geheimenis. Ons kan nie altyd verstaan hoe God werk en dink nie. Daar is egter een waarheid wat ons kán verstaan en glo: God is lief vir ons. Daar is niks wat ons ooit sal kan doen wat sal maak dat God sal ophou lief wees vir ons nie, want ons het niks gedoen om Hom ons te laat begin liefhê nie. God het ons nog altyd liefgehad omdat ons aan Hom behoort. Hy is betrokke by alles wat ons doen. Hy vier ons oorwinnings, en Hy huil saam met ons wanneer ons swaarkry. 1 Johannes 4:9 herinner ons dat God sy liefde aan ons bewys het nog lank voordat ons gebore is.

U het my nog altyd liefgehad, Here, en U sal my vir ewig liefhê. Ek is so dankbaar vir u liefde. In vergelyking met u liefde is my liefde so gering, maar ek het U met my hele hart lief. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Groter as wat ek verstaan

“Kan God enigiets doen?” Jong kinders begin soms hierdie vraag vra. Dit is dan die tyd om hulle te leer dat God regtig enigiets kan doen – al verstaan ons nie altyd wat en hoe Hy dit doen. Hierdie 5 kort en kragtige oord...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid