Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 6 VAN 9

6. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Egtheid - Refleksie - Bewustheid

Egtheid is deesdae ʼn baie gewilde woord. Die wêreld ag egtheid/outentiekheid (om jouself te wees) baie belangrik. Maar hoe word ek meer outentiek, wie ek regtig is, in ʼn wêreld waar die vloek van ons dag afleiding is? Dit is nie maklik om jou outentieke self te wees wanneer daar daagliks vir jou gesê word wie of wat jy volgens die wêreld moet wees nie. Kyk na die woorde in Spreuke 27: 19 "Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan." As ʼn kind was ek baie lief daarvoor om met water te speel. Ek het in ʼn plattelandse area grootgeword en daar was baie damme en stroompies. Ek was mal daaroor om na my weerkaatsing in die water te kyk, maar as die water modderig was of beweeg het, kon ek dit sien nie. Wanneer die water nie beweeg het nie en die modderigheid na die bodem gesak het, kon ek dit weer sien.

Die praktyk van refleksie beteken om stil te sit, in afsondering en stilte, sodat ek die wêreld se geraas en bedrywigheid uit my gedagtes kan skuif. Dan sal ek kan raaksien wie ek regtig is. Dan sal ek my hart kan sien soos die skrywer van Spreuke skryf. In ons werk met ons kliënte, is die praktyk van refleksie een van die eerste dinge waarop ons fokus. Hierdie praktyk bring gewoonlik vir die leier ʼn ongelooflik goeie bewustheid. Dink ʼn bietjie hoe die werkplek sal lyk wanneer ons almal bewus is van wie ons regtig is. Die verhoudinge sal oop, eerlik en outentiek wees. Leiers wat intensioneel lei, sal ʼn kultuur van bewustheid kweek.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid