Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 5 VAN 9

5. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Integriteit - Aanspreeklikheid en Terugvoering - Klarigheid en Groei

Integriteit beteken dat ons die regte ding op die regte tyd doen. Leiers moet integriteit in hulle spanne kweek. Die beste manier om dit te doen, is om self die voorbeeld te stel. Een van my gunsteling outeurs het gesê: "I have realised that if I do more walking, I don't need to do much talking." Ons los baie van ons probleme op deur self op te tree soos wat ons wil hê ander ook moet optree. Kyk na Paulus se raad in 2 Kor. 8:21: "Dit is vir ons belangrik dat ons optrede altyd reg moet wees, in die oë van God én in die oë van ander mense.” Hy sê dus dat hulle moeite doen om te dóén wat reg is, nie om net te sê wat reg is nie!

Hoe kan ons as leiers integriteit in ons spanne kweek? Ons doen dit deur op ʼn gereelde basis sessies te hê waar ons terugvoering gee en ontvang. Ons sê altyd vir ons kliënte dat terugvoering hulle vriend is. Leiers wat regtig vir hul mense omgee, is bereid om eerlike terugvoering te gee, maar ook om eerlike terugvoering te ontvang. Ons het die impak van deurlopende aanspreeklikheid en terugvoering gesien. Die besighede of spanne waarin hierdie praktyke toegepas word, is die besighede en spanne waar daar klarigheid en voortdurende groei is.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid