Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 4 VAN 7

Jy kan maar vir jouself omgee

Heel dikwels is ons so bewus van die feit dat ons veronderstel is om onsself vir ander te gee en almal om ons te help, dat ons vergeet hoe belangrik dit is om in die eerste plek na onsself om te sien. Dit terwyl die liefdesgebod duidelik sê dat ons ander soos onsself moet liefhê. Dit beteken mos dat ons onsself met oorgawe koesterend moet liefhê sodat ons in dieselfde mate van onsself aan ander kan gee. Of anders gestel, as ons nie na onsself omsien nie, kan ons eenvoudig nie volhoubaar ander se hande probeer vashou nie.

Soos Parker Palmer sê: "Self-care is never a selfish act – it is simply good stewardship of the only gift I have. Every time we listen to true self and give it the care it requires, we do it not only for ourselves, but for the many others whose lives we touch.”

Gee jouself ruimte en tyd waar jy asem kan skep en heel kan word. Eers dán is jy in staat om daardie selfde vrede en heelwees aan te gee. Eers dan hoef jy.

HEMELSE VADER, LEER MY OM SAG OP MYSELF TE WEES.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid