Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 1 VAN 7

Hy wil náby aan jou leef

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde en deernis.

Die vraag is: Ken jy Hom? Nie net jy “weet van Hom” omdat jy van kindsbeen van Hom gehoor het, na preke luister en die Woord lees nie. Die vraag is: Ken jy Hom? Soos in: Ek het ’n persoonlike verhouding met Hom. ’n Intieme verhouding waarin ons gereeld met mekaar praat, waar ek beleef dat Hy na my luister en waar ek tyd maak om sý stem te hoor. As jy so intiem saam met Hom leef, sal jy gedurig verras word deur hoe goed Hy jou verstaan en die manier hoe Hy jou persoonlik met Homself bederf.

God ken jou en wíl jou lewe saam met jou leef. Maar net jy kan seker maak dat jy Hóm ken en regtig sy hart hoor. As dit so is, sal jy wéét: Hy is regtig ook jóú Hoop onder alle omstandighede.

VADER-VAN-MY-HART, EK WIL U NOG MEER KEN.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid