Leesplan inligting

Die NastreweVoorbeeld

The Pursuit

DAG 1 VAN 5

Welkom by “Die Nastrewe” leesplan, ‘n 5-dag weergawe van my 4-week “The Pursuit” Bybelstudie. Ek is so opgewonde dat jy hierdie kort leesplan gevind het en ek bid dat jy aan die einde van hierdie leesplan sal voortgaan om die hele 4-week studie saam met 'n klein groepie vriende te bestudeer. Ek bid veral dat jy sal voortgaan met die spesifieke doel om God se hart na te streef.



Hierdie leesplan en die Bybelstudie is nie bedoel om net op ons taaklysie geplaas te word, dit te voltooi en dan aan te beweeg na die volgende ding op ons lys nie. Dit is bedoel om jou in 'n nouer verhouding met jou hemelse Vader te bring. Terwyl jy vandag uit Psalm 63 lees, onthou om in ag te neem dat Dawid dit geskryf het op 'n tyd toe hy in die woestyn rondgedwaal het. Selfs in ‘n moeilike tydperk van Dawid se lewe het hy gefokus op sy nastrewe van God. Maak nie saak in watter soort wildernis jy verdwaal is of wegkruip nie, weet dat God gretig is dat jy Hom moet vind. Hy is verheug oor jou hunkering na Hom.



Kom ons bid saam in ons strewe om God se hart te vind. “Vader, sal U die dinge in ons afbreek wat ons daarvan weerhou om U met ons hele hart na te streef? Breek asseblief die mure af wat ons in ons harte opgebou het. Breek ons trots en self-afhanklikheid af. Help ons om U te vertrou en omvou ons in u liefde. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Pursuit

Elke verhouding begin met 'n strewe — die pragtige dans om te ken en geken te word. ‘n Verhouding met God is presies dieselfde. In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Amy Groeschel se nuutste 4-week Bybelstudie, “...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid