PSALMS 63:1-11

PSALMS 63:1-11 AFR83

'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn. Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my. Maar hierdie mense wat my ondergang soek, mag hulle wegsink in die dieptes van die aarde! Mag hulle aan die swaard oorgegee word en aas vir die jakkalse word!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid