Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 4 VAN 14

’n Nuwe dag


Enigiets wat jou op hierdie oomblik wil oorweldig, is deur die kruis oorwin. En as dit waarmee jy gekonfronteer word vir jou soos “die einde” voel, moet jy onthou dat dit die “begin” is in God se plan vir jou lewe. Ek verander nag in dag – die einde van die nag is altyd die begin van ’n nuwe dag. Moenie ontmoedig wees nie en moenie bang wees nie. Daar is niks wat Ek nie kan doen of My kan verhoed om God se doel in jou lewe te bereik nie – niks. Word bemoedig deur die feit dat Jesus die wêreld oorwin het … selfs jou wêreld.


Jy moet kies om te glo … ondanks die twyfel, ondanks al die oorweldigende gedagtes wat vir jou sê om nie te glo nie. Hou in geloof vas aan die wete dat wat vandag ook al bring, môre ’n nuwe dag is. Wees verseker dat my medelye, my genade, my krag, altyd oorvloedig is … God bly getrou, selfs wanneer jy nie getrou is nie. Wanneer jy in geloof ’n tree vorentoe gee, moenie terugkyk nie – gaan vorentoe sonder vrees. Hou jou oë gevestig op Jesus. En wanneer jy wagtend soek na antwoorde, wanneer jy nie eens weet wat om te bid nie, sal Ek namens jou bid; en die hemel sal in beweging kom. Laat my lig jou help om te sien dat Ek ’n pad deur die wildernis maak … gereed om strome in die woestyn te bring.


WAARHEID UIT DIE WOORD


Die HERE se genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. KLAAGLIEDERE 3:22-23

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid