Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 7 VAN 14

Ek sal jou beskerm


Daar is geen rede om bang te wees nie. Dit voel dalk of die wêreld teen jou is, maar Jesus het die wêreld reeds oorwin. Ek weet dat dit so dikwels voel of jy die beproewings in jou lewe alleen moet hanteer, maar weet vir seker dat daar nie ’n enkele oomblik is wat God jou verlaat of Ek nie by jou is om jou te help nie.


Dalk is dinge by die werk, in jou finansies of verhoudinge nie so klopdisselboom nie, maar onthou wanneer dit voel of 'n sekere gebed nie beantwoord word nie, is Ek besig om namens jou te bid … en is die hemel aan die werk. Ek is altyd by jou, maar ook altyd by God se troon, besig om te pleit vir daardie dinge wat jy so desperaat nodig het. In hierdie gevalle wêreld sal jy moeilike tye ervaar, maar jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou krag wees wanneer jy swak is. God sal jou red daar waar jy dit die nodigste het en jou elke dag van jou lewe beskerm.


WAARHEID UIT DIE WOORD


As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. PSALM 138:7

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid