Leesplan inligting

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?Voorbeeld

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

DAG 7 VAN 7

Die lewe is verhoudings


Iemand het eendag vir my gevra: “Wat leef in jou hart?” Ek het eers nie geweet hoe om die persoon te antwoord nie; daar’s soveel goed wat in ’n mens se hart leef! Toe antwoord ek die persoon met die volgende woorde; ek noem dit my “lewensleuse”: “Life is relationships.” Die lewe is verhoudings. 


Dit gaan oor ’n verhouding met God, en uit jou verhouding met God, jou verhouding met jou medemens. Of dit nou ’n huweliksverhouding is, of ouer-kind verhouding, gesinsverhoudinge, werksverhoudinge, verhoudinge met ongelowiges of gelowiges – dit maak nie saak nie. “Life is relationships.” As jy dieper in die lewe wil gaan, moet jy besef dat op elke terrein van jou lewe – ook in jou werksplek – dit oor verhoudinge gaan. En iemand het dit so mooi geskryf: Dit gaan in hierdie lewe oor “how much you care” en nie “how much you know” nie.


Daar’s te veel mense wat ’n beeld het oor wat hulle alles weet. Oor al hulle kennis. Selfs al hulle ervaring. Maar hoor weer mooi waaroor  die lewe werklik gaan as ons sê die lewe is verhoudinge: Dit gaan oor “how much you care”. En wat beteken dit prakties? Dink aan luister. Luister is die belangrikste eienskap van so ’n mens. Luister is seker die tasbaarste daad van liefde, van omgee, van lei met ’n herderhart, van sensitief wees. Hoekom? Wanneer ek na jou luister, vra dit my ore, dit vra my oë, dit vra my hart, dit vra my energie, dit vra my tyd. Wanneer jy luister en vrae vra, kom jy by die dieper wortel van waaroor dit in ’n persoon se hart gaan. So verbind jy met mense en los probleme by die wortel op.


’n Leier wat dit kan doen, gaan soveel meer bereik. Verbind op ’n dieper vlak met jou mense sodat jy hulle ware menswees kan ontdek en julle dan saam verder kan gaan.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig...

More

Ons wil RightNow Media Suid -Afrika bedank vir die verstrek van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid