Leesplan inligting

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?Voorbeeld

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

DAG 6 VAN 7

Dieper en dan verder


Baie leiers wil verder vorentoe beweeg. Dis egter baie beter om dieper te gaan. Dink ’n bietjie oor die twee terminologieë – “verder” en “dieper”. Sal jy nie dieper wil gaan met mense en jou verhoudings met hulle nie? As jy dieper wil gaan, moet jy weet dat verhoudings jou dieper vat. Daarom moet jy met ’n sensitiewe herderhart lei.


Wat beteken dit vir jou as leier? Ons leef in ’n gebroke wêreld met verwoesting, pyn en seer. Mense se lewens val uitmekaar, mense word deur die lewe en omstandighede geklap – ook in jou organisasie. Daarom vra dit van jou ’n baie, baie groot sensitiwiteit. Jy kan nie net meneer Bombasties of mevrou Bombasties wees nie. Jy kan nie net die dominante een wees nie. Nee, jy moet ’n sensitiwiteit kweek.


Laurie Beth Jones waarsku dat dominante “alleen-leiers” mense kan beskadig. As dit vir jou net oor verder en nog meer gaan, kan jy mense in die proses beskadig. Jy kan jou organisasie beskadig. As jy die herderhart en sensitiwiteit mis, mis jy die wonderlike woorde van Prediker 4:9-10: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as die een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.” Die woord “val” kom spesifiek hier ter sprake. Wie van ons val nie soms nie? Dit vra sensitiwiteit – veral van leiers se kant af. Mense gaan val. Mense gaan seerkry. Die vraag is: Wanneer hulle val, gaan hulle alleen wees, of gaan daar iemand saam met hulle wees? Hoor die beginsel uit Prediker: Twee is altyd beter as een. Twee doen altyd beter as een. En leiers moet hiervan kennis neem en dit in ag neem. Hulle moet hulle hele leierskapstyl hierby aanpas. 


’n Leier met ’n herderhart is ook bewus van ander se sterkpunte en swakhede. Jy vra jou ook af: Hoe kan ons almal verbeter? Dit is belangrik om die heeltyd op die uitkyk te wees om in ander mense te belê. Jy moet met sagte oë kyk sodat jy nood en seer en behoeftes kan raaksien. Jy moet kan sien waar dit nodig  is om persoon A, B of C dalk te verbeter. Dis ’n wen vir almal, dis ’n wen vir die organisasie. Help hulle om te groei. Skep vir hulle groeigeleenthede. Maak jou span sterker. Dit lei tot groter effektiwiteit, want twee vaar beter as een. Dis ’n Bybelse beginsel. 


Sensitiewe leiers met herderharte is lojaal en respekteer alle mense. Dit is die soort leiers wat ons nodig het in hierdie wrede, ongenaakbare wêreld.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig...

More

Ons wil RightNow Media Suid -Afrika bedank vir die verstrek van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid