Leesplan inligting

Familie Eerste Maak SaakVoorbeeld

Mahalaga ang Pamilya Muna

DAG 6 VAN 7

FIKSHEID

Hoekom moet ons gesond wees? Omdat die Bybel in 1 Korintiërs 6:19-20 en 3 Johannes 1:2 vir ons vertel dat God wil hê ons moet goeie gesondheid geniet. En Hy het ook voorwaardes in die Bybel gestel indien ons vry van siektes wil wees (Eksodus 15:26). Die behoud van goeie fisieke gesondheid is 'n verantwoordelikheid wat saam met ons roeping as rentmeesters kom. Ons het hierdie verpligting teenoor ons Skepper, net so seker as wat ons geestelike verantwoordelikhede teenoor Hom het. Ons mag hierdie fisieke verantwoordelikhede as minder belangrik beskou, maar dit maak hulle nie ongeldig nie.



Goeie gesondheid is uiters waardevol. Dit is direk gekoppel aan groei, oorwinning, reiniging van ons lewens, vermyding van die slaggate van die lewe, die leef van 'n oorvloedige lewe, sowel as om 'n getuie voor die wêreld tot verheerliking van God te wees. Goeie gesondheid is nodig om ons daaglikse taak uit te voer. Goeie gesondheid gaan nie net oor fisieke gesondheid nie, maar dit beteken ook om geestelik gesond te wees. Goeie geestelike gesondheid bied aan ons 'n gevoel van welsyn en die innerlike krag wat in tye van moeilikheid en onrus nodig is. Goeie gesondheid vereis werk sowél as 'n kombinasie van die regte kos en oefening.



Ons kan God beter dien. As ons gesond is, kan ons ook meer met ons kinders speel en meer ervarings met hulle deel. God wil hê dat ons in goeie gesondheid moet verkeer ter wille van onsself en ter wille van die mense wat ons liefhet.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Mahalaga ang Pamilya Muna

Een van die mees algemene probleme in die vinnige samelewing waarin ons leef, is hoe om 'n gebalanseerde lewe te skep tussen persoonlike, familie- en professionele lewe, areas waarin ons almal wil presteer. Dit veroorsaa...

More

Ons bedank Pamilya Muna Pilipinas Inc. vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.pamilyamunapilipinas.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid