Leesplan inligting

Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Finding Meaning in the Middle of Change

DAG 5 VAN 7

Vasgevang in die Middel



Verandering en groei gebeur selde in jou gemaksone. Wanneer verandering kom, dwing dit jou dikwels uit vanwaar jy is en neem jou na waar jy moet wees. Soms is hierdie verandering 'n keuse, maar dikwels is dit buite ons beheer. Wanneer dit gebeur, is dit maklik om jou na die oplossing te haas en alles mis te loop wat God ons op pad na die verandering wil leer.



Die Israeliete het dit met Moses ondervind toe hulle uit Egipte gevlug het. Hulle het na die beloofde land gegaan — die plek waarna hulle dekades lank gesmag het. Vroeg in hulle reis het hulle God se wonderbaarlike krag gesien toe Hy die Rooisee verdeel het terwyl die Egiptenare hulle agtervolg het:



"... die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan en die water het weerskante van hulle soos ‘n muur gestaan. Die Here het Israel daardie dag gered van Egipte ... Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo ..." (Eksodus 14:29-31).



Tog het dit nie lank vir die Israeliete geneem om weer dwars te trek nie. 



Hulle het by Moses begin kla oor die gebrek aan water en kos op hulle reis. God het toe elke oggend water, manna en kwartels aan die volk voorsien — wat hulle probeer opgaar het in plaas daarvan om op God te vertrou om elke dag te voorsien. 



Nog 'n fout wat hulle midde-in hul reis begaan het, was om met Moses ongeduldig te raak terwyl hy in sy ontmoeting by God was. Weens hulle ongeduld het Aäron, Moses se broer, 'n goue kalf vir die Israeliete gemaak om te aanbid. 



Toe hulle uiteindelik die grense van die beloofde land bereik, het God Moses teen die berg Nebo laat opklim vanwaar hy na die land kon kyk. God het toe aangekondig dat die hele geslag, insluitende Moses, weens hulle ongehoorsaamheid nie die beloofde land sou binnegaan nie. 



Moses en die Israeliete het nie ten volle aanvaar wat God hulle midde-in hul reis geleer het nie — dat Hy hulle Voorsiener, Geneser en Verlosser is. 



Die volgende keer as jy dus jouself te midde van verandering bevind, moet jy nie bekommerd wees om jou na die ander kant te haas nie. Wandel eerder tree-vir-tree saam met God. Nader tot Hom in die wete dat God dikwels daardie onaangename oorgangstydperke gebruik om ons nader aan Hom te bring. 



Gebed: Vader, dankie dat U saam met my te midde van die veranderinge is. Dit is nie altyd lekker nie, maar ek weet dat ek nooit alleen daarin is nie. Dankie dat my pyn nooit onnodig is nie, en help my om deur pynlike tydperke tot U te nader. In die Naam van Jesus. Amen.



Uitdaging: Lees Psalm 46:1. Dink daaroor na wat dit vir God beteken om ons toevlug te wees. Hoe sien jy God vandag as jou toevlug? Hoe sien jy God as 'n toevlug in jou lewe? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Finding Meaning in the Middle of Change

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling....

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid