Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 7 VAN 7

Nou is dit jou beurt. Wat is jou verhaal? Hoe is jy oor die afgelope paar dae uitgedaag? 



Om 'n begroting op te stel en finansies in orde te kry, gaan vir elke persoon verskillend lyk. Daar is egter klein treetjies wat jy daagliks kan neem om eendag jou gewenste resultate te behaal. 



Hier is 'n wenk: kies een klein beginpunt. As jy probeer om op een slag elke verkeerde ingesteldheid aan te pak, sal jy waarskynlik uiteindelik moedeloos eindig. Wanneer jy egter met een ding begin, sal jy die nodige momentum opbou om aan te hou. 



Watter paar dinge kan jy dus doen om God met jou geld te eer? 



1. Maak 'n inventaris. As jy getroud is, reël 'n afspraak met jou huweliksmaat om die begroting te bespreek. Gesels oor die dinge waaraan julle waarde heg, en kyk of daardie waardes in jul begroting weerspieël word. As jy enkellopend is, doen 'n oudit op jou begroting en vra 'n vriend of mentor wat jy vertrou om jou verantwoordbaar te hou. Ongeag jou omstandighede, moet jy boekhou van hoeveel jy spandeer en dan 'n begroting opstel waarby jy kan hou. 

2. Stel 'n doelwit. Wat is een doelwit wat jy kan stel wat jou sal help om God met jou geld te eer? Miskien is dit om jou skuld af te betaal sodat jy meer vrygewig kan begin wees. Kan jy 'n bedrag uit jou salaristjek eenkant sit om dit mee te doen? Of miskien kan jy 'n vrygewigheidsbegroting opstel sodat jy beplande vrygewigheid kan beoefen. Wat dit ook al mag wees, kry een doel waarheen jy werk sodat jy doelgerig met jou finansies kan wees — en nie toelaat dat dit net 'n nagedagte word nie. 

3. Betrek ander mense. Net soos met die meeste moeilike dinge in die lewe, is dit makliker om die regte ding te doen wanneer ons 'n bietjie hulp van ons vriende ontvang. Vra vir iemand wat 'n goeie voorbeeld is in sy of haar geldbestuur om insette in jou begroting te maak. Dit kan 'n betroubare leier, leraar, mentor of vriend wees. Selfs net om hulle 'n paar vrae te vra, soos hoe hulle hul eie finansies oor die jare bestuur het, mag vir jou insig gee. Vra vir hulle wat hulle wens hulle van geld geweet het toe hulle jonger was. Jy sal verbaas wees wat jy daaruit kan leer! 

Geld is belangrik, want dis 'n hulpbron wat ons kan gebruik om ander te help en die koninkryk van God op aarde uit te brei. Kyk net waaraan herinner Jesus ons: 



“Deur my voorbeeld het ek in alle opsigte vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: 'Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang'” (Handelinge 20:35).

Bid hierdie gebed terwyl jy voorberei om jou geld te gebruik om God te eer: 



Vader, dankie dat U my Voorsiener is. Laat my geloof en vertroue in U groei. Laat my onthou hoe goed U na my omsien. Gee my wysheid wanneer ek my begroting opstel en help my om te ontdek hoe om my geld te bestuur op 'n manier wat eer aan U bring en ander dien. Wys vir my wie ek om hulp moet nader en dankie vir u leiding en rigtinggewing. Open my hart en help my om meer vrygewig te word. Ek vertrou op U. In die Naam van Jesus. Amen. 



Leer meer oor hoe om jou geld te bestuur in die Hou die Kleingeld-boodskap reeks. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid